Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 3:22-29 Die Boodskap (DB)

22. Moet nooit bang wees vir hulle nie, want die Here sal saam met jou teen hulle veg.’

23. “In dié tyd het ek vir die Here gesê:

24. ‘Here, oor baie jare het U vir my u grootheid en krag laat sien. En dit was nog maar net die begin van wat U gaan doen. Geen god in die hemel of op die aarde kan sulke dinge doen nie.

25. Nou vra ek U, Here, om my ook die mooi land aan die ander kant van die Jordaan te laat sien. Die pragtige bergland en die hoë berge van die Libanon.’

26. “Maar die Here wou nie. Hy was kwaad vir my omdat julle so baie verkeerde dinge gedoen het. Hy het gesê: ‘Dit is nou genoeg. Ons het al baie daaroor gesels en ons gaan nie weer daaroor praat nie.

27. Gaan klim die Pisgaberg tot heel bo. Dan kyk jy noord en suid, oos en wes. Kyk mooi na alles, want jy sal nie die land aan die oorkant van die Jordaan intrek nie.

28. Praat Josua moed in, want hy is die een wat hierdie volk deur die Jordaan na die Beloofde Land sal lei.’

29. En ons het in die vlakte teenoor die dorp Bet-Peor gebly.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 3