Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:11-19 Die Boodskap (DB)

11. “Sê nou twee mense van jou volk baklei. Die een man se vrou probeer haar man help om die geveg te wen en gryp die ander man aan sy skaamdele.

12. Dan moet jy haar hand afsny. Jy mag glad nie vir haar jammer wees nie.

13. “Wanneer jy iets weeg om dit te verkoop, moet jy altyd seker maak dat jou skale reg werk.

14. Jy mag nie mense bedrieg deur iets aan hulle te verkoop wat nie is soos jy gesê het dit is nie. Jy moet akkuraat en eerlik wees as jy iets verkoop.

15. As jy in al jou besigheidstransaksies eerlik is, sal jy lank lewe in die land wat die Here jou God vir jou gee om in te gaan bly.

16. As jy oneerlik is en mense in besigheidstransaksies bedrieg, doen jy iets wat baie sleg is. Onthou, die Here jou God sien dit raak.

17. “Onthou altyd wat die inwoners van Amalek aan julle gedoen het toe julle uit Egipte weggetrek en hier aangekom het.

18. Hulle het julle aangeval toe julle op julle weerloosste was, toe julle honger en moeg was van die trek deur die woestyn. Hulle het almal wat langs die pad uitgesak het omdat hulle gedaan was, doodgemaak. Hulle het dit gedoen omdat hulle geen respek vir God gehad het nie.

19. Daarom moet jy wag totdat jy die hele land oorwin het wat die Here jou God vir jou as ’n besitting gee om in te gaan woon. Dan moet jy die Amalekiete aanval en geen genade aan hulle betoon nie. Jy moet hulle vernietig. Niemand moet agterna aan hulle dink nie. Jy mag nie vergeet om dit te doen nie.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25