Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 16:1-9 Die Boodskap (DB)

1. “Elke jaar in die maand Abib moet jy die paasfees vier. Dit was in die maand Abib dat die Here julle een nag uit Egipte laat wegtrek het.

2. Jy moet van jou skape en beeste na die plek toe neem wat die Here nog sal kies.

3. Wanneer jy van die vleis eet, moet jy brood wat sonder suurdeeg gebak is, daarmee saam eet. Sewe dae lank moet jy sulke ongesuurde brood eet, want dit moet jou laat terugdink aan die swaarkrydae in Egipte, asook die haas waarmee jy daar weg is. Eet hierdie bitter brood sodat dit jou aan die bitter tyd in Egipte kan herinner.

4. Sewe dae lank moet daar nêrens suurdeeg by julle wees nie. Van al die vleis wat jy vir die eerste aand van die fees slag, mag daar niks tot die volgende môre oorbly nie.

5. “Jy mag die paaslam nie sommer op enige plek slag nie,

6. maar net by die plek wat die Here nog sal kies. Slag dit teen sononder, want dis teen sononder dat die uittog uit Egipte begin het.

7. Jy moet die vleis gaarmaak en op die plek eet wat die Here nog in die Beloofde Land sal kies. Teen die volgende oggend se kant kan julle maar weer huis toe gaan.

8. Ses dae lank moet jy dan ongesuurde brood eet en op die sewende moet jy vrolik en feestelik saamkom om die Here jou God te eer. Op hierdie dag mag niemand werk nie.”

9. “Jy moet die weke mooi bereken. Van die oomblik af dat jy jou koring begin sny, moet jy begin tel. Tel tot by sewe weke.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 16