Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 11:5-11 Die Boodskap (DB)

5. Julle weet hoe die Here julle in die woestyn gehelp het en hoe Hy julle tot hier in Bet-Peor gelei het.

6. Julle onthou ook nog wat Hy met die seuns van Eliab, Datan en Abiram, van die Rubenstam gedoen het: hoe die aarde voor die hele Israel oopgeskeur het en hoe Datan en Abiram, saam met hulle vroue en kinders, hulle werkers en besittings daarin geval het.

7. Ja, julle is die mense wat al hierdie magtige dade van die Here gesien en beleef het.”

8. “Israel, leef volgens die wil van die Here sodat julle innerlik sterk kan word en die nuwe land kan binnetrek.

9. Wees getrou sodat julle lank in daardie vrugbare land kan bly wat die Here al aan julle voorvaders beloof het.

10. Dié land is anders as Egipte. Daar het julle saad geplant en dan moes julle hard werk om dit soos ’n groentetuin nat te lei.

11. In die land waarheen julle op pad is, is dit heeltemal anders. Daar is net berge en vlaktes en almal is van reënwater afhanklik.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 11