Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 11:1-7 Die Boodskap (DB)

1. “Julle moet die Here julle God liefhê en lewenslank al sy wette en voorskrifte gehoorsaam.

2. Onthou al die wonderlike dinge wat die Here julle geleer en vir julle gedoen het. Julle het immers alles self gesien, want dit het met julle gebeur en nie met julle kinders nie. Julle het self sy grootsheid, sy mag en sy krag beleef.

3. Julle het gesien wat Hy alles in Egipte en aan die farao gedoen het;

4. wat met die Egiptiese weermag gebeur het; wat Hy met al die perde en ruiters wat julle agtervolg het, gemaak het; hoe almal in die see beland en verdrink het.

5. Julle weet hoe die Here julle in die woestyn gehelp het en hoe Hy julle tot hier in Bet-Peor gelei het.

6. Julle onthou ook nog wat Hy met die seuns van Eliab, Datan en Abiram, van die Rubenstam gedoen het: hoe die aarde voor die hele Israel oopgeskeur het en hoe Datan en Abiram, saam met hulle vroue en kinders, hulle werkers en besittings daarin geval het.

7. Ja, julle is die mense wat al hierdie magtige dade van die Here gesien en beleef het.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 11