Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 6:10-15 Die Boodskap (DB)

10. Koning Darius het toe so ’n bevel opgestel en geteken.

11. Toe Daniël hoor dat die bevel onderteken is, het hy huis toe gegaan. In een van die boonste kamers van sy huis was daar vensters wat in die rigting van Jerusalem gekyk het. Daar het hy, soos sy gewoonte was, voortgegaan om by die oop vensters te kniel en drie maal per dag tot God te bid en Hom te prys.

12. Daniël se vyande het hom in sy huis gekry waar hy besig was om God te aanbid en in nederigheid voor Hom te kniel.

13. Hulle is toe haastig daar weg na die koning toe, waar hulle Daniël op grond van die koninklike bevel aangekla het: “U Majesteit, u het mos ’n bevel onderteken wat sê dat enigeen wat binne die volgende 30 dae enige mens of god behalwe u aanbid, in ’n hok vol leeus gegooi moet word.”“Natuurlik,” het die koning geantwoord, “en dit staan vas, want dit is ’n wet van Meders en Perse wat nie teruggetrek kan word nie.”

14. Hulle sê toe vir die koning: “Wel, Daniël, een van die Joodse ballinge, steur hom glad nie aan U Majesteit se bevel nie. Hy bid nog steeds drie maal op ’n dag tot sy God.”

15. Toe die koning dit hoor, was hy ontsteld omdat hy die bevel geteken het. Hy het die res van die dag bestee om ’n manier te probeer kry om vir Daniël uit hierdie situasie te red.

Lees volledige hoofstuk Daniël 6