Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 5:1-5 Die Boodskap (DB)

1. ’n Klompie jare later het koning Belsasar een aand ’n groot feesete gehou vir ’n groot groep van sy hooggeplaastes, edelmanne en edelvroue. Tydens hierdie ete het hy heerlik saam met hulle wyn gedrink.

2. Later, toe hy al heeltemal te veel gedrink het, het hy beveel dat hulle van die goue en silwerbekers wat sy pa, Nebukadnesar, uit die tempel in Jerusalem gevat het, moet gaan haal sodat hy en sy hooggeplaaste gaste en sy vroue en byvroue daaruit kon drink.

3. Hulle het die goue en silwerbekers gaan haal en die koning en al sy gaste het daaruit gedrink.

4. Hulle het ook heildronke gedrink op al hulle afgode van goud, silwer, brons, yster, hout en klip.

5. Skielik het daar ’n mensehand verskyn wat op die gepleisterde muur van die paleis begin skryf het, op die plek waar die lamplig die helderste geskyn het. Die koning self het ook die hand sien skryf.

Lees volledige hoofstuk Daniël 5