Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Daar wag teëspoed vir dié wat so houtgerus in Jerusalem bly. Dié wat so sonder bekommernis in Samaria woon, gaan ’n groot verrassing kry. Julle is beroemd. Die belangrikes onder Israel hou van julle.

2. Gaan ’n bietjie na Kalne toe en kyk wat het daar gebeur. Gaan van daar af na die groot stad Hamat toe. Gaan af na Gat van die Filistyne. Is julle enigsins beter as daardie stede dat daar nie dieselfde met julle sal gebeur nie? Het julle ’n sterker en groter land as hulle? Sal dit maak dat niks met julle gebeur en julle niks oorkom nie?

3. Julle probeer by die dag van teëspoed verbykom. Intussen bring julle met alles wat julle doen, daardie dag van straf net al nader aan julle.

4. Julle slaap op beddens wat met ivoor mooi gemaak is. Julle lê en eet op rusbanke. Julle is lekkerbekkig en eet net sagte lam- en kalfsvleis.

5. Julle maak allerhande liedjies om op die harp te speel. Soos Dawid maak julle vir julleself musiekinstrumente.

6. Julle drink wyn uit die bekers wat vir die offers gebruik word. Julle smeer julleself met lekkerruikolie. Maar julle bekommer julle nie ’n oomblik oor die einde van Josef se nasate nie.

Lees volledige hoofstuk Amos 6