Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 23:1-12 Die Boodskap (DB)

1. Hierdie is ’n lied wat genoem is “Dawid se laaste woorde”.’n Profesie van Dawid, Isai se seun,’n profesie van iemand vir wie God ’n hoë posisie gegee het,vir wie die God van Jakob uitgekies het,die digter van Israel se mooiste liedere.

2. Die Gees van die Here praat deur my;Hy sê vir my wat ek moet sê.

3. Die God van Israel het gepraat;Israel se God by wie ’n mens veilig is, het vir my gesê:As iemand ’n regverdige koning isen respek het vir die Here,

4. is hy soos die helder sonop ’n wolklose môrewat die gras laat groei na die reën.

5. Dis hoe God wil hê my regering moet wees,want Hy het vir my ’n belofte gemaakwat vir altyd bly staan.Hy het self die belofte gemaaken Hy sal sy belofte hou.Hy help my in alles wat ek wil doen;Hy sorg dat dit voorspoedig gaan.

6. Maar slegte mense is soos droë doringtakkewat die wind uitmekaargewaai het:’n mens raak nie aan hulle nie.

7. Al wat ’n mens daarmee kan doen,is om hulle bymekaar te krapmet die punt of handvatsel van ’n spiesen hulle net daar te verbrand.

8. Hier is die name van Dawid se dapperste soldate: Joseb-Bassebet van die Tagkemon-familie was die leier van die beroemde drie. Hy het in een geveg met sy oorlogsbyl wat hy so bokant sy kop swaai, 800 man kafgeloop.

9. Eleasar, Dodo se seun, was die tweede van die drie beroemde helde van Dawid. Hy was van die Agoagfamilie. Hy was by toe hulle die keer die Filistyne uitgetart het wat reg was vir die geveg. Toe die Filistyne storm, het die manne van Israel teruggeval,

10. maar Eleasar het bly staan en teen die Filistyne geveg tot hy ’n kramp in sy hand gekry het en nie sy swaard kon los nie. Die Here het daardie dag ’n groot slag vir die Israeliete geslaan. Die manskappe het hom later gaan help, maar eintlik was dit maar net om die klere en wapens van die lyke af te haal.

11. Die derde een was Samma. Hy was Agee, wat van Harar af gekom het, se seun. Die Filistyne het eenkeer by Legi saamgetrek. Daar was ’n land vol lensies en die manskappe het vir die Filistyne gevlug.

12. Samma het in die middel van die land gaan staan om dit te verdedig en die Filistyne teruggedryf. Die Here het so vir die Israeliete ’n groot slag geslaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 23