Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 14:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Joab, Seruja se seun, het agtergekom dat die koning nog steeds iets teen Absalom het.

2. Joab laat haal toe ’n slim vrou uit Tekoa en sê vir haar: “Maak of een van jou mense dood is en trek rouklere aan. Moenie enige parfuum of grimering aansit nie. Dit moet lyk of jy al lank huil oor ’n familielid wat dood is.

3. Gaan dan na die koning toe en sê vir hom só.” Hy sê toe vir haar presies wat sy moet sê.

4. Die vrou van Tekoa is toegelaat om met die koning te praat. Sy het op haar knieë voor hom gaan staan en met haar gesig teen die grond gebuig. Sy het gesê: “Help my asseblief, my koning!”

5. “Wat is verkeerd?” het die koning vir haar gevra.Sy het geantwoord: “My man is dood en ek is ’n arme weduwee.

6. Ek het twee seuns gehad, U Majesteit. Eendag het hulle op die land stry gekry. Daar was niemand wat hulle uitmekaar kon maak nie en toe het die een die ander een so geslaan dat hy dood is.

7. Nou is die hele familie teen my, U Majesteit. Hulle wil hê ek moet die een wat sy boetie doodgeslaan het, vir hulle gee sodat hulle hóm ook kan doodmaak. Hulle wil hê hy moet met sy lewe betaal vir sy broer se dood, al is hy die enigste erfgenaam. Hulle wil die laaste ou kooltjie vuur wat ek het, doodmaak. As dít gebeur, is daar niemand wat my oorlede man se naam kan laat voortleef of sy stukkie grond kan bewerk nie.”

8. “Jy kan maar huis toe gaan,” het die koning vir haar gesê. “Ek sal sorg dat dit nie gebeur nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 14