Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 12:11-15 Die Boodskap (DB)

11. “Die Here het vir jou nog ’n boodskap. Hy het gesê: ‘Ek sal sorg dat daar vir jou genoeg moeilikheid uit jou eie familie kom: jy sal sien hoe Ek jóú vroue vat en vir iemand gee wat naby jou is. Hy sal helder oordag by hulle slaap.

12. Die ding wat jy skelm in die donker gedoen het, gaan Ek voor al die Israeliete helder oordag laat gebeur.’”

13. Dawid het vir Natan gesê: “Ek het ’n vreeslike verkeerde ding teen die Here gedoen!”Natan het geantwoord: “Die Here sal die fout wat jy gemaak het, oorsien: jy sal nie die doodstraf kry nie,

14. maar die kind wat gebore is, sal vir seker doodgaan, want jy het die Here in die gesig gevat toe jy hierdie verskriklike ding gedoen het.”

15. Nadat Natan daar weg is huis toe, het die Here die kind van Dawid en Urija se vrou laat siek word.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 12