Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 7:18-22 Die Boodskap (DB)

18. sal Ek sorg dat niemand jou posisie as koning aantas nie. Ek herhaal die belofte wat Ek aan jou pa, Dawid, gemaak het nou ook aan jou: daar sal altyd iemand uit die nageslag van Dawid wees om op die troon van Israel te sit.

19. “Maar as jy My verlaat en my wette en voorskrifte vergeet en ander gode begin dien,

20. sal Ek my volk uitroei uit hierdie land wat Ek vir hulle gegee het. Ek sal die tempel wat Ek vir Myself as woonplek gekies het, verwerp. Dit sal iets word waaroor die volke sal spot.

21. Die tempel wat nou so pragtig is, sal dan ’n ruïne wees en almal wat daar verbyloop, sal vra: ‘Wat het hier gebeur? Waarom het die Here dit aan sy land en sy tempel gedoen?’

22. Dan sal die antwoord wees: ‘Hulle het mos die Here, die God van hulle voorouers, verlaat. Dit is Hy wat hulle uit Egipte laat kom het, maar hulle het ander gode vereer. Dít is waarom Hy al die rampe oor hulle gebring het.’”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 7