Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 7:14-20 Die Boodskap (DB)

14. As dit gebeur en my volk verneder hulleself en hulle soek na my wil, en as hulle ophou met hulle verkeerde optrede, sal Ek hulle vergewe. Dan sal Ek hulle land gesond maak.

15. Ek sal luister na elke gebed wat hiervandaan gebid word,

16. want Ek het nou hierdie tempel gekies. Dit sal altyd my huis wees. Ek sal altyd self hier wees.

17. “Nou wat jou betref: as jy optree soos jou pa, Dawid, gedoen het, en as jy my wette en voorskrifte en reëls gehoorsaam,

18. sal Ek sorg dat niemand jou posisie as koning aantas nie. Ek herhaal die belofte wat Ek aan jou pa, Dawid, gemaak het nou ook aan jou: daar sal altyd iemand uit die nageslag van Dawid wees om op die troon van Israel te sit.

19. “Maar as jy My verlaat en my wette en voorskrifte vergeet en ander gode begin dien,

20. sal Ek my volk uitroei uit hierdie land wat Ek vir hulle gegee het. Ek sal die tempel wat Ek vir Myself as woonplek gekies het, verwerp. Dit sal iets word waaroor die volke sal spot.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 7