Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 6:1-9 Die Boodskap (DB)

1. Toe het Salomo gesê: “Die Here het gesê dat Hy in donkerte wil woon.

2. Maar ek het vir U ’n waardige huis gebou, ’n plek waarin U vir altyd kan woon.”

3. Salomo het toe omgedraai en die hele Israel wat daar voor hom gestaan het, geseën.

4. Hy het vir hulle gesê: “Ek loof die Here wat gedoen het wat Hy vir my pa, Dawid, belowe het.

5. Die Here het vir hom gesê: ‘Sedert die tyd toe Ek my volk uit Egipte gelei het, het Ek geen stad gekies waar ’n tempel tot my eer gebou moes word nie. Ek het ook nie ’n koning gekies om my volk te lei nie.

6. Maar nou het Ek Jerusalem as daardie stad en Dawid as daardie koning gekies.’”

7. Salomo het voortgegaan: “My pa, Dawid, wou die tempel baie graag bou om die Here se Naam te vereer.

8. Die Here het egter vir hom gesê: ‘Dit is goed dat jy vir My ’n tempel wil bou,

9. maar dit sal nie jy wees wat die tempel bou nie. Een van jou seuns sal dit doen.’

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 6