Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 32:29-33 Die Boodskap (DB)

29. Hy het ook stede gebou en reusetroppe kleinvee en beeste besit. Die Here het hom baie ryk gemaak.

30. Hiskia het die boonste oog van die Gihonfontein toegemaak en die water deur ’n tonnel na die westekant van die Dawidstad gelei. Hy het baie goed gevaar met al die projekte wat hy aangepak het,

31. maar toe ’n Babiloniese afvaardiging by hom kom om hom uit te vra oor die ongewone dinge wat in die land gebeur het, het die Here hom verlaat om hom te toets en vas te stel wat in sy hart aangaan.

32. Die res van Hiskia se geskiedenis en sy toewyding aan die Here is in Die Visioen van die Profeet Jesaja, Amos se seun en in Die Geskiedenis van die Konings van Juda en Israel opgeskryf.

33. Na sy dood is Hiskia in die boonste deel van die koninklike begraafplaas begrawe. Die hele Juda en Jerusalem het by sy dood aan hom eer betoon.Sy seun Manasse het hom opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 32