Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 13:18-22 Die Boodskap (DB)

18. So het Juda vir Israel verslaan omdat hulle op die Here, die God van hulle voorouers, vertrou het.

19. Abia en sy leër het Jerobeam-hulle agtervolg en ’n paar Israelitiese stede, soos Bet-El, Jesana en Efron, met hulle omliggende dorpies, beset.

20. Jerobeam kon sy mag nie in Abia se tyd herstel nie. Uiteindelik het die Here hom skielik laat doodgaan.

21. Maar Abia het al sterker geword. Hy het met veertien vroue getrou en hulle het 22 seuns en sestien dogters gehad.

22. Die res van Abia se geskiedenis, wat hy gedoen en gesê het, is in Die Kommentaar van die Profeet Iddo opgeskryf.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 13