Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 13:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Abia het in die agtiende jaar dat koning Jerobeam van Israel regeer het, die koning van Juda geword.

2. Abia het drie jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Miga, ’n dogter van Uriël wat in Gibea gebly het.Daar het ’n oorlog tussen Abia en Jerobeam uitgebreek.

3. Abia het met 400 000 uitgesoekte soldate van Juda gaan veg. Jerobeam het oor 800 000 dapper soldate van Israel beskik.

4. Abia het op Semarajimberg, in die bergland van Efraim, gaan staan. Toe het hy die Israeliete toegespreek: “Luister na my, Jerobeam en al julle Israeliete!

5. Julle weet tog dat die Here, Israel se God, die koningskap van Israel vir Dawid en sy nageslag gegee het. Hy het belowe dat dit vir altyd so sou wees.

6. Toe het Jerobeam, Nebat se seun, in opstand gekom. Hy wat ’n onderdaan van Salomo was, het gerebelleer.

7. Hy en ’n bende nikswerd mense het saamgespan teen Salomo se seun en opvolger Rehabeam. Rehabeam was toe nog jonk en onervare. Daarom kon hy nie teen hulle standhou nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 13