Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:14-17 Die Boodskap (DB)

14. Salomo het ’n sterk weermag opgebou. Dit het 1 400 strydwaens en 1 200 ruiters ingesluit. Hy het hulle in die strydwadorpe gestasioneer en party naby hom in Jerusalem gehou.

15. In Salomo se tyd het silwer en goud in Jerusalem so volop soos klippe geword en sederhout so volop soos die hout van die wildevyebome wat in die laerliggende dele van die land groei.

16. Salomo se perde is uit Egipte en Silisië ingevoer. Sy aankopers het hulle teen die gewone prys in Silisië gekoop.

17. ’n Strydwa is destyds vir byna sewe kilogram silwer uit Egipte ingevoer en ’n perd het byna een en ’n driekwart kilogram silwer gekos. Salomo se handelaars was ook die middelmanne wat die Hetitiese en Aramese konings van strydwaens en perde voorsien het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1