Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 22:15-20 Die Boodskap (DB)

15. Sy het hulle geantwoord: “Hier is ’n boodskap van die Here vir die man wat julle gestuur het.

16. Gaan sê vir hom die Here, die God van Israel, sê: ‘Ek gaan die stad en sy mense vernietig, net soos dit in die boek staan wat julle gelees het.

17. Hulle het opgehou om My te vereer en ander goed begin dien wat glad nie gode is nie. Ek is woedend daaroor. My woede is soos ’n vuur wat nie meer geblus kan word nie.’”

18. Sy het egter ook gesê: “Hier is ’n persoonlike boodskap van die Here af vir Josia, na aanleiding van die boodskap wat ek nou net vir julle gegee het. Die Here sê vir hom:

19. ‘Ek het gesien hoe jy op die boodskap van die wetboek gereageer het, hoe ontsteld jy was en hoe jy jou klere geskeur en voor My gehuil het toe jy sien watter oordeel die stad en sy mense gaan tref. Omdat jy jou voor My verneder het en jammer is oor alles,

20. sal Ek sorg dat die oordeel jóú nie tref nie. Jy sal gewoonweg sterf en in vrede begrawe word, sonder om die oordeel oor Jerusalem te beleef.’”Gilkija-hulle het die boodskap vir Josia gebring.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 22