Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 22:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Josia was maar agt jaar oud toe hy koning geword het en hy het 31 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Jedida, ’n dogter van Adaja uit Boskat.

2. Wat Josia gedoen het, het die Here baie tevrede gestel. Hy het soos sy voorvader Dawid regeer en dit nie eers oorweeg om iets verkeerds te doen nie.

3. In die agtiende jaar wat Josia koning was, het hy die staatsekretaris Safan na die tempel toe gestuur. Hy het vir hom gesê:

4. “Gaan sê vir die hoëpriester Gilkija hy moet al die geld tel wat die mense tempel toe gebring het en wat die deurwagte bymekaargemaak het.

5. Die geld moet na die kontrakteurs gaan wat moet sorg dat die tempelgebou herstel word. Hulle moet die geld gebruik om die vakmanne te betaal wat die herstelwerk doen.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 22