Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 11:17-20 Die Boodskap (DB)

17. Hierna het Jojada die priester ’n paar ooreenkomste gesluit:tussen die Here en die koning en die volk - dat hulle die Here sal dien;tussen die koning en die volk.

18. Daarna het al die mense na die Baältempel toe gegaan en dit begin afbreek. Hulle het die altare en die afgodsbeelde stukkend gebreek. Toe het hulle vir Mattan, die Baäl-priester, reg voor die altare doodgemaak.Jojada het wagte by die tempel aangestel.

19. Daarna het hy en al die soldate en die hele volk die koning deur die Poort van die Voetsoldate na die paleis geneem. Die koning het op die koninklike troon gaan sit.

20. Die mense van die land was uitbundig bly, terwyl die stadsbewoners rustig gebly het, al is Atalia in die paleis doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 11