Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 7:11-17 Die Boodskap (DB)

11. Die manskappe van die Israeliete het die Filistyne van Mispa af tot onderkant Bet-Kar gejaag en hulle afgemaai.

12. Samuel het tussen Mispa en Sen ’n groot klip regop gesit as ’n monumentjie. Hy het die klip Eben-Haeser genoem en gesê: “Tot so ver het die Here ons gehelp.”

13. Die Filistyne is op hulle plek gesit en het nie weer op Israel se grond gekom nie, want solank Samuel geleef het, het die Here hulle laat swaarkry.

14. Die Israeliete het die dorpe wat die Filistyne van hulle afgevat het, weer teruggekry, van Ekron af tot by Gat. Die Filistyne was ook nie meer baas oor die gebiede langsaan nie. Daar was ook vrede tussen die Israeliete en die Amoriete.

15. Sy hele lewe lank het Samuel vir die Israeliete gesê wat die Here wil hê.

16. Hy het elke jaar Bet-El, Gilgal en Mispa toe gegaan en by al die altare na die Israeliete se regsake geluister en vir hulle gesê wat die Here se uitspraak is.

17. Nadat hy by al die plekke was, het hy teruggegaan Rama toe, waar hy gebly het. Daar het hy ’n altaar vir die Here gebou en die Israeliete kon ook dáár hoor wat die wil van die Here is.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 7