Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:16-21 Die Boodskap (DB)

16. Eli roep toe vir Samuel: “Samuel, my kind, kom hier!” Hy antwoord toe: “Ja, het u my nodig?”

17. Eli vra vir hom: “Wat het die Here vir jou gesê? Moet niks vir my wegsteek nie. God sal jou baie swaar straf as jy vir my enigiets wegsteek wat Hy vir jou gesê het.”

18. Samuel het hom toe alles vertel; hy het niks geheim gehou nie. Eli het daarop geantwoord: “Hy is die Here. Hy sal doen wat Hy wil.”

19. Samuel het grootgeword en die Here het hom gehelp. Die Here het ál Samuel se woorde waar gemaak.

20. Die hele Israel, van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide, het geweet dat Samuel ’n profeet van die Here is wat die waarheid praat.

21. Die Here het meer kere in Silo verskyn. Hy het daar met Samuel gepraat en Samuel het die Here goed leer ken.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3