Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 25:41-44 Die Boodskap (DB)

41. Sy het opgestaan en met haar gesig teen die grond gebuig en gesê: “Ek is bereid om sy slavin te wees en vir hom slawewerk te doen.”

42. Abigajil het gou gereedgemaak en op ’n donkie geklim. Haar vyf diensmeisies was by haar. Sy het saam met Dawid se mense gegaan en met hom getrou.

43. Dawid was ook getroud met Aginoam wat uit Jisreël gekom het. Hy het dus twee vroue gehad.

44. Saul het sy dogter, Mikal, Dawid se eerste vrou, met Palti laat trou. Palti, wat van Gallim af gekom het, was Lajis se seun.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 25