Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 21:9-15 Die Boodskap (DB)

9. Die priester antwoord hom: “Goliat, die Filistyn wat jy in Eikelaagte doodgemaak het, se swaard is hier. Dis toegedraai in ’n mantel daar agter die priestersak. As jy dit wil hê, kan jy dit kry. Dis die enigste swaard wat hier is.”“Daar is nie nóg so ’n swaard nie,” sê Dawid. “Gee hom vir my.”

10. Dawid het daardie dag vir Saul gevlug en by Akis, die koning van Gat, uitgekom.

11. Akis se paleiswerkers sê toe vir hom: “Maar dis mos Dawid, die koning van die land! Dis mos oor hóm wat die vroue sing as hulle in die rondte dans: “Saul het duisende verslaan en Dawid tien duisende.”

12. Toe Dawid agterkom wat hulle sê, het hy baie bang geword vir koning Akis van Gat.

13. Hy het toe voor hulle gemaak of hy mal is. Toe hulle hom vang, het hy hom stapelgek gehou: hy het met sy naels aan die deure by die dorp se ingang gekrap en die spoeg het oor sy baard geloop.

14. “Kan julle nie sien die man is van sy kop af nie?” sê Akis vir die paleiswerkers. “Hoekom bring julle hom hier na my toe?

15. Dink julle ek het mal mense nodig dat julle dié vent hierheen bring om sy manewales hier uit te haal? Vat hom uit my paleis uit!”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 21