Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 20:15-21 Die Boodskap (DB)

15. En wanneer die Here elke vyand van jou van die aarde af uitroei, moet jy asseblief ook vir my familie goed wees solank jy leef.”

16. So het Jonatan met Dawid se familie ’n ooreenkoms gemaak met die woorde: “Die Here sal sorg dat dit uitgevoer word.”

17. Jonatan het Dawid ook laat sweer dat hy getrou sal bly aan hom, dat hy vir hom soveel sal omgee as wat hy vir homself omgee.

18. Daarna sê Jonatan: “Môre is dit die nuwemaansfees. Hulle sal jou mis, want jou plek sal leeg wees.

19. Gaan oormôre na die plek toe waar jy die vorige keer weggekruip het, dan gaan sit jy naby die Ezelrots.

20. Ek sal maak of ek na ’n teiken skiet en drie pyle in die rigting van die rots skiet.

21. Ek sal dan my wapendraer stuur om die pyle te gaan soek. As ek vir die wapendraer sê: ‘Nee man, die pyle lê nader! Bring hulle!’ kan jy maar uitkom, want dan is dit veilig. Dan is daar, so waar as die Here leef, geen gevaar nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 20