Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 16:20-23 Die Boodskap (DB)

20. Isai het brood en ’n leersak met wyn op ’n donkie gelaai en ook ’n jong bokkie saam met Dawid vir Saul gestuur.

21. Dawid het by Saul gekom en vir hom begin werk. Saul het sommer baie van Dawid gehou en hy het Saul se wapendraer geword.

22. Daarom het Saul vir Isai ’n boodskap gestuur: “Ek wil hê Dawid moet vir my bly werk, want ek hou van hom.”

23. Elke keer as die bose gees Saul beetpak, vat Dawid die lier en speel daarop. Dan gee die bose gees van Saul af pad, en word hy kalm en voel beter.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 16