Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 15:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Samuel het vir Saul gaan sê: “Ek is die man wat die Here gestuur het om jou koning te maak oor sy mense, die Israeliete. Luister nou mooi wat het die Here gesê.

2. Die magtige Here het gesê Hy onthou baie goed wat die Amalekiete gedoen het toe die Israeliete uit Egipte getrek het. Hulle het die Israeliete voorgekeer.

3. Saul, jy moet nou met die Amalekiete gaan oorlog maak. Roei hulle almal uit. Moenie jammer wees vir hulle nie. Maak hulle en al hulle diere dood: die mans en vroue, die kinders en babatjies, die beeste en die skape, die kamele en die donkies.”

4. Saul het vir die mense laat weet hy wil teen die Amalekiete gaan veg. Hulle het by Telaim bymekaargekom, en toe hy die manne tel, was daar 200 afdelings uit Israel en tien afdelings uit Juda.

5. Toe Saul by die dorp van die Amalekiete kom, het hy hulle met sy manne in die spruit voorgelê.

6. Maar hy het eers vir die Keniete laat weet: “Maak dat julle wegkom van die Amalekiete af, anders maak ek julle dalk saam met hulle dood. Ek wil dit nie doen nie, want julle was goed vir die Israeliete toe hulle uit Egipte getrek het.” Die Keniete het toe van die Amalekiete af padgegee.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 15