Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:23-28 Die Boodskap (DB)

23. Elkana het vir haar gesê: “Maak soos jy goeddink, en mag die Here jou help.” Hanna het by die huis gebly en haar kind versorg totdat hy nie meer aan haar gedrink het nie.

24. Net nadat sy die kind gespeen het, toe hy nog baie klein was, het Hanna hom saamgevat na die tempel van die Here in Silo. Hulle het ook ’n drie jaar oue bulkalf, omtrent twintig kilogram meel en ’n groot kruik vol wyn saamgevat.

25. Nadat hulle die bulkalf geslag het, het hulle die kind na Eli toe gevat.

26. “Verskoon my, Meneer,” het Hanna gesê, “sowaar as wat u leef, ek is die vrou wat hier by u tot die Here gestaan en bid het.

27. Dis vir hierdie kind dat ek gebid het, en die Here het vir my gegee wat ek vir Hom gevra het.

28. Nou gee ek hom terug aan die Here. Solank hy lewe, is hy die Here s’n.” Samuel het toe daar by die altaar op sy knieë gaan staan.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1