Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:35-43 Die Boodskap (DB)

35. Joël, Jehu seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël,

36. Eljoënai, Jaäkoba, Jesogaja, Asaja, Adiël, Jesimiël, Benaja,

37. Sisa seun van Sifi, seun van Allon, seun van Jedaja, seun van Simri, seun van Semaja -

38. hulle name is in die lys opgeneem. Hulle was leiers en hulle families het sterk gegroei.

39. Op soek na weiveld vir hulle kleinvee het hulle ooswaarts in die vallei tot by Gedor getrek.

40. Hulle het goeie, geil weiveld gekry. Die wêreld daar was na alle kante toe oop en vry en dit was ’n rustige en stil omgewing.Voorheen het ander mense daar gewoon.

41. In koning Hiskia van Juda se tyd het die afstammelinge van Simeon wie se name op die lys staan, in die gebied ingetrek. Hulle het die gebied heeltemal ingeneem. Hulle het die afstammelinge van Gam, asook die Meüniete wat daar te vind was, verslaan. Die Simeoniete het die vorige inwoners heeltemal uitgewis en die land in besit geneem, want hulle wou die weiveld vir hulle kleinvee hê.

42. Verder het ’n groep van 500 Simeoniete na Seïrberg toe getrek. Hulle leiers was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, almal seuns van Jisi.

43. Hulle het die mense van Amalek wat oor was, verslaan en hulle woon nou nog daar.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4