Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:24-35 Die Boodskap (DB)

24. Simeon se seuns was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25. Saul se afstammelinge was Sallum, sy seun Mibsam en sy seun Misma.

26. Misma se afstammelinge was Gammuel, sy seun Sakkur en sy seun Simi.

27. Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Daarom was die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda nie.

28. Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Baäla, Esem, Eltolad,

30. Betuel, Gorma, Siklag,

31. Bet-Markabot, Gasar-Susim, Bet-Biri en Saärajim gewoon. Dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.

32. Hulle het ook in die vyf stede Etam, Ajin, Rimmon, Token en Asan

33. en in die dorpies rondom dié stede tot so ver as Baäl gewoon. Dit is waar hulle gewoon het en hulle name is in die geslagsregister opgeneem.

34. Mesobab, Jamlek, Josa die seun van Amasia,

35. Joël, Jehu seun van Josibja, seun van Seraja, seun van Asiël,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4