Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:20-30 Die Boodskap (DB)

20. Simon se seuns was Amnon, Rinna, Ben-Ganan, Tilon.Die nageslag van Jisi was Soget en Ben-Soget.

21. Sela was ’n seun van Juda. Sela se nageslag was Er (die grondlegger van Leka), Lada (die grondlegger van Maresa), die families van linnewerkers van Bet-Asbea,

22. Jokim en die mense van Koseba, asook Joas en Saraf wat in Moab regeer het, en Jasubi-Legem. Hierdie is baie ou oorlewerings.

23. Hulle was pottebakkers en het in Netaïm en Gedera gebly, waar hulle in die koning se diens was.

24. Simeon se seuns was Jemuel, Jamin, Jarib, Serag en Saul.

25. Saul se afstammelinge was Sallum, sy seun Mibsam en sy seun Misma.

26. Misma se afstammelinge was Gammuel, sy seun Sakkur en sy seun Simi.

27. Simi het sestien seuns en ses dogters gehad, maar sy broers het nie baie kinders gehad nie. Daarom was die stam van Simeon nooit so groot soos die stam van Juda nie.

28. Hulle het in Berseba, Molada, Gasar-Sual,

29. Baäla, Esem, Eltolad,

30. Betuel, Gorma, Siklag,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4