Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:2-12 Die Boodskap (DB)

2. Sobal se seun Reaja was Jagat se pa, en Jagat was Agumai en Lahad se pa. Dit is die mense wat in Sora gewoon het.

3. Etam se nageslag was Jisreël, Jisma en Jidbas, Hasselelponi (sy dogter),

4. Penuel (die grondlegger van Gedor) en Eser (die grondlegger van Gusa). Hulle was die nageslag van Gur (Efrata se oudste seun) en vader van Betlehem.

5. Asgur (die grondlegger van Tekoa), het twee vroue gehad, Gela en Naära.

6. By Naära het hy vier seuns gehad: Agussam, Gefer, Temni en Agastari. Hulle was Naära s’n.

7. Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.

8. Kos was die voorvader van Anub en Sobeba en van die geslagte van Agargel, Harum se seun.

9. Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem omdat sy geboorte so pynlik was.

10. Jabes het in ’n gebed met Israel se God gepraat: “Seën my tog, maak my grondgebied groter, hou u hand oor my en hou onheil van my af weg, sodat geen hartseer my tref nie.”God het vir hom gegee wat hy gevra het.

11. Kelub, die broer van Suga, was Megir se pa. Megir was Eston se pa.

12. Eston was Bet-Rafa, Paseag en Teginna se pa en Teginna was Ir-Nagas se pa. Hulle was die mense van Reka.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4