Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:7-23 Die Boodskap (DB)

7. Asael, Joab se broer, was in bevel van die vierde afdeling vir die vierde maand. Sy seun Sebadja het hom opgevolg.

8. Samhut, afkomstig uit Jisrag, was in bevel van die vyfde afdeling vir die vyfde maand.

9. Ira, Ikkes se seun wat uit Tekoa gekom het, was in bevel van die sesde afdeling vir die sesde maand.

10. Geles, afkomstig uit Pelon in Efraim, was in bevel van die sewende afdeling vir die sewende maand.

11. Sibbekai, ’n afstammeling van Serag uit Gusa, was in bevel van die agtste afdeling vir die agtste maand.

12. Abiëser, afkomstig uit Anatot in Benjamin, was in bevel van die negende afdeling vir die negende maand.

13. Marai, ’n afstammeling van Serag uit Netofa, was in bevel van die tiende afdeling vir die tiende maand.

14. Benaja, afkomstig uit Piraton in Efraim, was in bevel van die elfde afdeling vir die elfde maand.

15. Geled, ’n afstammeling van Otniël uit Netofa, was in bevel van die twaalfde afdeling vir die twaalfde maand. Elkeen van hierdie afdelings was 24 000 man sterk.

23. Toe Dawid die volkstelling gehou het, het hy nie die Israeliete wat jonger as twintig was, bygetel nie, want die Here het beloof om Israel so baie soos die sterre van die hemel te maak.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27