Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:1-13 Die Boodskap (DB)

1. Hier volg ’n lys van die Israelitiese familiehoofde, die hoër en laer offisiere en die koning se amptenare wat in beheer was van die afdelings wat elke maand diens gedoen het. Die afdelings het maandeliks omgeruil en elkeen het uit 24 000 man bestaan.

2. Die eerste afdeling, wat verantwoordelik was vir die eerste maand, was onder die bevel van Jasobam, Sabdiël se seun.

3. Hy was uit die Peresgroep en in die eerste maand was hy hoof van al die leëroffisiere.

4. Dodai uit Agoag was in bevel van die tweede afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se offisier was Miklot.

5. Benaja, die hoëpriester Jojada se seun, was in bevel van die derde afdeling vir die derde maand.

6. Hy was ’n sterk leier onder die Dertigtal en in bevel van die 30 helde in Dawid se leër. Sy seun Ammisabad het ná hom bevel van die afdeling oorgeneem.

7. Asael, Joab se broer, was in bevel van die vierde afdeling vir die vierde maand. Sy seun Sebadja het hom opgevolg.

8. Samhut, afkomstig uit Jisrag, was in bevel van die vyfde afdeling vir die vyfde maand.

9. Ira, Ikkes se seun wat uit Tekoa gekom het, was in bevel van die sesde afdeling vir die sesde maand.

10. Geles, afkomstig uit Pelon in Efraim, was in bevel van die sewende afdeling vir die sewende maand.

11. Sibbekai, ’n afstammeling van Serag uit Gusa, was in bevel van die agtste afdeling vir die agtste maand.

12. Abiëser, afkomstig uit Anatot in Benjamin, was in bevel van die negende afdeling vir die negende maand.

13. Marai, ’n afstammeling van Serag uit Netofa, was in bevel van die tiende afdeling vir die tiende maand.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27