Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25:6-17 Die Boodskap (DB)

6. Dié mense was elkeen onder leiding van sy pa verantwoordelik vir die musiek in die huis van die Here. Hulle sang is begelei op simbale, harpe en liere.Asaf, Jedutun en Heman was in die koning se diens.

7. Hulle en hulle families was opgelei om musiek te maak. Al 288 van hulle was goeie musikante.

8. Die musikante is ook geloot vir hulle diensbeurte, sonder om te kyk of hulle jonk of oud is, leerling of leermeester.

9. Die eerste lot het op Josef, uit die nageslag van Asaf, geval; die tweede op Gedalja en twaalf van sy seuns en familielede,

10. die derde op Sakkur en twaalf van sy seuns en familielede,

11. die vierde op Seri en twaalf van sy seuns en familielede,

12. die vyfde op Netanja en twaalf van sy seuns en familielede,

13. die sesde op Bukkija en twaalf van sy seuns en familielede,

14. die sewende op Asarela en twaalf van sy seuns en familielede,

15. die agtste op Jesaja en twaalf van sy seuns en familielede,

16. die negende op Mattanja en twaalf van sy seuns en familielede,

17. die tiende op Simi en twaalf van sy seuns en familielede,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 25