Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Dawid en die hoë amptenare het die families van Asaf, Heman en Jedutun vir ’n spesiale diens afgesonder. Hulle moes onder begeleiding van liere, harpe en simbale as profete optree. Hier is ’n lys van al hierdie mense.

2. Uit Asaf se seuns was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het onder Asaf se leiding gestaan. Hy het as profeet in diens van die koning opgetree.

3. Uit Jedutun se seuns was daar Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van Jedutun, hulle pa, gestaan. Hy het met lierbegeleiding as profeet die lof aan die Here gelei.

4. Uit Heman se seuns was daar Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle was almal Heman se seuns. Heman was die koning se siener in godsdienstige sake. God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee. Dit het natuurlik aan hom groot aansien in die gemeenskap gegee.

6. Dié mense was elkeen onder leiding van sy pa verantwoordelik vir die musiek in die huis van die Here. Hulle sang is begelei op simbale, harpe en liere.Asaf, Jedutun en Heman was in die koning se diens.

7. Hulle en hulle families was opgelei om musiek te maak. Al 288 van hulle was goeie musikante.

8. Die musikante is ook geloot vir hulle diensbeurte, sonder om te kyk of hulle jonk of oud is, leerling of leermeester.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 25