Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:7-18 Die Boodskap (DB)

7. Karmi se seun was Akan. Hy het goed gevat wat die Here s’n was en so ’n ramp oor Israel laat kom.

8. Etan se seun was Asarja.

9. Gesron se seuns was Jeragmeël, Ram en Kaleb.

10. Ram was Amminadab se pa en Amminadab die pa van Nagson, ’n leier van Juda.

11. Nagson was Salmon se pa en Salmon was Boas se pa.

12. Boas was Obed se pa en Obed was Isai se pa.

13. Isai se sewe seuns was, van die oudste tot die jongste: Eliab, Abinadab, Samma,

14. Netanel, Raddai,

15. Osem en Dawid.

16. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael.

17. Abigal was met Jeter, ’n Ismaeliet, getroud en hulle seun was Amasa.

18. Gesron se seun Kaleb het by sy eerste vrou, Asuba, ’n dogter, Jeriot, en drie seuns, Jeser, Sobab en Ardon, gehad.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2