Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:38-55 Die Boodskap (DB)

38. Obed was Jehu se pa en Jehu was Asarja se pa.

39. Asarja was Geles se pa, Geles was Elasa se pa,

40. Elasa was Sismai se pa, Sismai was Sallum se pa,

41. Sallum was Jekamja se pa en Jekamja was Elisama se pa.

42. Kaleb, Jeragmeël se broer, se nageslag was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was Sif se pa, en Maresa, sy tweede seun was Hebron se pa.

43. Hebron se seuns was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44. Sema was Ragam se pa en Ragam was Jorkoam se pa. Rekem was Sammai se pa.

45. Sammai het ’n seun Maon gehad en Maon was Bet-Sur se pa.

46. Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases gehad. Garan was Gases se pa.

47. Jodai se seuns was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

48. Nog ’n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana gehad.

49. Sy was ook die ma van Saäf, Madmanna se pa, en van Sewa, wat Makbena en Giba se pa was.Kaleb het ook ’n dogter met die naam Aksa gehad.

50. Hulle was almal Kaleb se nakomelinge.Gur, die oudste seun van Gesron en Efrata, se drie seuns was Sobal (Kirjat-Jearim se pa),

51. Salma (Betlehem se pa) en Garef (Bet-Gader se pa).

52. Sobal (Kirjat-Jearim se pa) se nageslag was: Reaja, die helfte van Managat se mense,

53. en die families van Kirjat-Jearim: die Jitreërs, Puteërs, Sumaners en Misraners. Uit hulle het ook die mense van Sora en Estaol voortgekom.

54. Salma se nageslag was: Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die ander helfte van Managat se mense, die Soreërs

55. en die skrywersfamilies wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simeateërs en Sukateërs. Hulle is die Keniete wat van Gammat afstam. Hy was die vader van die Rekabfamilie.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2