Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:31-47 Die Boodskap (DB)

31. Appajim het ’n seun Jisi gehad. Jisi se seun was Sesan, en Sesan was Aglai se pa.

32. Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het sonder kinders gesterf.

33. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hulle was almal nakomelinge van Jeragmeël.

34. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het ’n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad.

35. Hy het toe een van sy dogters met sy slaaf Jarga laat trou. Sy en Jarga het ’n seun, Attai, gehad.

36. Attai was Natan se pa en Natan was Sabad se pa,

37. Sabad was Eflal se pa, Eflal was Obed se pa,

38. Obed was Jehu se pa en Jehu was Asarja se pa.

39. Asarja was Geles se pa, Geles was Elasa se pa,

40. Elasa was Sismai se pa, Sismai was Sallum se pa,

41. Sallum was Jekamja se pa en Jekamja was Elisama se pa.

42. Kaleb, Jeragmeël se broer, se nageslag was soos volg: Mesa, sy oudste seun, was Sif se pa, en Maresa, sy tweede seun was Hebron se pa.

43. Hebron se seuns was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44. Sema was Ragam se pa en Ragam was Jorkoam se pa. Rekem was Sammai se pa.

45. Sammai het ’n seun Maon gehad en Maon was Bet-Sur se pa.

46. Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases gehad. Garan was Gases se pa.

47. Jodai se seuns was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2