Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:15-21 Die Boodskap (DB)

15. Osem en Dawid.

16. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael.

17. Abigal was met Jeter, ’n Ismaeliet, getroud en hulle seun was Amasa.

18. Gesron se seun Kaleb het by sy eerste vrou, Asuba, ’n dogter, Jeriot, en drie seuns, Jeser, Sobab en Ardon, gehad.

19. Na Asuba se dood is Kaleb met Efrata getroud en hulle seun was Gur.

20. Gur was Uri se pa en Uri was Besaleël se pa.

21. Toe Gesron 60 was, is hy met Gilead se suster, ’n dogter van Makir, getroud. Hulle het ’n seun met die naam Segub gehad.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2