Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 17:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Toe Dawid lekker in sy paleis gevestig was, het hy vir die profeet Natan gesê: “Hier woon ek in ’n pragtige sederhoutpaleis, maar die verbondsark van die Here staan in ’n tent.”

2. Natan het geantwoord: “Doen gerus wat u wil, want God is by u.”

3. Dieselfde nag het die Here egter vir Natan gesê:

4. “Gaan sê vir Dawid: Hier is die Here se boodskap vir jou: Jy moenie vir My ’n tempel bou om in te bly nie.

5. Ek het nog nooit sedert Ek Israel uit Egipte gelei het tot nou toe, in ’n tempel gebly nie. Ek het al die tyd, van plek tot plek, in ’n tentheiligdom gebly.

6. Het Ek ooit vir enigeen van die leiers wat Ek oor Israel aangestel het, gevra: Waarom bou jy nie vir My ’n sederhouttempel nie?

7. “Gaan sê vir my kneg Dawid: Hier is die Here, die Groot Bevelvoerder, se boodskap vir jou: Ek het jou self gaan haal waar jy ’n herder met jou skape in die veld was en jou leier gemaak van Israel, my volk.

8. Ek was altyd by jou, waar jy ook al was en Ek het jou vyande vir jou verslaan. Ek sal jou so beroemd maak soos die beroemdste mense op aarde

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 17