Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:35-43 Die Boodskap (DB)

35. Sê: Ag, Here ons God, kom help ons tog!Kom haal ons hier tussen die nasies uit,sodat ons u heilige Naam kan loofen bly kan wees oor al u goedheid!

36. Die Here, die God van Israel, moet geloof word,nou en vir altyd.Die hele volk het uitgeroep: “Amen” en hulle het die Here geloof.

37. Dawid het die diens wat gereeld elke dag by die verbondsark van die Here gedoen moes word, aan Asaf en sy mede-Leviete oorgelaat.

38. Obed-Edom, Jedutun se seun, en Hosa het met 68 Leviete as hekwagte begin werk.

39. Intussen het Dawid vir Sadok en die ander priesters by die tentheiligdom van die Here op die hoogte by Gibeon laat bly.

40. Hulle moes volgens die Here se wet elke oggend en aand vir Israel brandoffers op die altaar vir die Here verbrand.

41. By hulle was Heman, Jedutun en die ander wat spesifiek aangewys is om die Here se lof te besing, “want sy liefde hou vir altyd aan en aan”.

42. Hulle het op trompette en simbale gespeel en ander musiekinstrumente gebruik om die lofliedere te begelei.Jedutun se seuns was die hekwagte.

43. Hierna het al die mense huis toe gegaan en Dawid is huis toe om sy huisgesin te gaan seën.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16