Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:19-28 Die Boodskap (DB)

19. Toe Israel nog maar ’n klein groepie was,vreemdelinge in ’n nuwe land,

20. het hulle van landgebied tot landgebied rondgetrek,van een klomp mense na ’n ander.

21. Maar Hy het nie toegelaat dat iemand hulle ooit sleg behandel nie.Selfs magtige konings is nie toegelaat om hulle aan te val nie.

22. God het vir hulle gesê:“Moet dit nie waag om julle hand teen my kinders te lig nie.Hulle is Myne.Moet dit ook nie waag om een van my boodskappers seer te maak nie.”

23. Kom sing vir die Here, almal op aarde.vertel elke dag hoe Hy ons uit die nood gered het.

24. Moenie stilbly by die volke nie. Vertel vir die nasies hoe sterk die Here is en wat Hy alles kan doen.

25. Die Here is baie grooten daarom moet ons Hom met die mooiste woorde grootmaak.Hy is groter as alle ander gode.

26. Wat is die ander gode in vergelyking met Hom?Net mooi niks nie! Mense het hulle gemaak.Maar ons Here het die hemel gemaak.

27. As ’n mens by die Here is, word jy oorweldig; oorweldig deur hoe Hy oor alles heers,hoe belangrik Hy in vergelyking met enigiemand anders is,hoe sterk Hy is en hoe mooi alles by Hom is.

28. Elke mens op hierdie aarde moet die Here erken vir wie Hy regtig is.Hulle moet erken dat Hy sterker en belangriker as enigiemand anders is.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16