Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 14:14-17 Die Boodskap (DB)

14. Dawid het weer vir God gevra wat hy moes doen. “Moet hulle nie reg van voor aanval nie,” het God geantwoord. “Trek óm hulle en val hulle daar by die balsembosse aan.

15. As jy ’n geluid soos voetstappe bo in die takke hoor, kan jy maar aanval. Dit sal die teken wees dat God voor jou uitgaan om die Filistyne te verslaan.”

16. Dawid het gedoen wat God hom beveel het en hulle het die Filistynse leër van Gibeon af tot by Geser verslaan.

17. Dawid se roem het na al die lande toe versprei en al die nasies was bang vir hom.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 14