Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:1-8 Die Boodskap (DB)

1. Die volgende manne het in Siklag reeds by Dawid aangesluit. Hy was toe nog voortvlugtend en het weggekruip vir Saul, die seun van Kis. Hulle was dapper manne wat saam met Dawid geveg het.

2. Hulle was uitgelese boogskutters, wat ’n pyl en boog én ’n slingervel ewe vaardig met die linker- of die regterhand kon hanteer.Van Saul se stamgenote uit Benjamin:

3. Agiëser, die leier, en Joas, Semaä se seuns uit Gibea; Jesiël en Pelet, Asmawet se seuns; Beraka en Jehu uit Anatot,

4. Jismaja uit Gibeon, ’n dapper vegter en leier onder die Dertigtal; Jeremia, Jagasiël, Joganan en Josabad uit Gedera;

5. Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja en Sefatja uit Garif;

6. Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam uit Korag;

7. Joëla en Sebadja, Jerogam se seuns uit Gedor.

8. Uit die stam van Gad het daar ook dapper soldate na Dawid toe oorgeloop. Hy was toe nog in sy vesting in die wildernis. Hulle was goed toegerus om met skild en spies te veg, so vreesloos soos leeus en so vinnig soos bokke in die berge.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12