Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 17:18-24 Die Boodskap (DB)

18. “Meneer, wat het u my aangedoen?” het die vrou gesê. “Ek het u in my huis ingenooi, maar toe het u vir God van al my sondes vertel; daarom is my kind dood.”

19. “Gee die kind vir my,” het Elia gesê. Toe het Elia die kind van haar skoot af opgetel, hom na sy kamer op die boonste verdieping gedra en op sy bed neergelê.

20. Elia het gekniel en toe hardop gebid: “Here my God, waarom het U dit laat gebeur? Hierdie vrou was baie goed vir my. Sy het nog elke dag vir my gesorg. Waarom het U haar kind laat sterf?”

21. Elia het toe drie keer op die kind gaan lê en gebid: “Here my God, ek smeek U, laat die kind tog leef.”

22. Die Here het toe Elia se gebed verhoor en die kind het weer begin leef.

23. Elia het die kind aan die hand gevat en hulle is met die trap af tot by die weduwee. Elia het vir haar gesê: “Mevrou, hier is jou kind. Hy leef.”

24. “Nou weet ek dat die Here u gestuur het en dat Hy deur u praat,” het die weduwee gesê.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 17