Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 17:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Toe het Elia, ’n profeet uit Tisbe in Gilead, vir koning Agab gesê: “So seker as wat die Here, die God van Israel wat ek dien, leef, so seker sal daar geen dou of reën in die volgende jaar of wat val sonder dat ek so sê nie.”

2. Die Here het vir Elia gesê:

3. “Gaan weg van hierdie plek af en loop ooswaarts totdat jy by die Kritspruit, oos van die Jordaan, kom en kruip dan daar vir ’n ruk weg.

4. Jy kan uit die spruit water drink, terwyl die kraaie elke dag vir jou op my bevel kos sal bring.”

5. Elia het na die Here geluister en na die Kritspruit aan die Oos-Jordaan gestap.

6. Elke oggend en elke aand het die kraaie vir hom brood en vleis gebring. Elia het die water van die spruit gedrink.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 17