Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 1:7 Die Boodskap (DB)

Onthou, ’n ouderling staan aan die stuur van God se familie van gelowiges hier op aarde. Sy ganse lewe moet daarom vertel dat hy doen wat die Here sê. Hy moenie vol van homself wees nie, ook nie kort van draad en humeurig nie. Drank mag nooit sy baas wees nie. Hy moenie net regstaan om te stry en baklei nie. Ook mag hy glad nie in skelm saketransaksies betrokke wees nie.

Lees volledige hoofstuk Titus 1

Kyk Titus 1:7 in konteks