Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:8-13 Die Boodskap (DB)

8. Toe blaas die tweede engel op sy trompet. Ek het ’n groot berg vlamme gesien. Dit is in die see gegooi. Dit was vernietigend.

9. ’n Derde van die see het in bloed verander. Dit is nie al nie. ’n Derde van die seediere het ook gevrek en ’n derde van die skepe het gesink.

10. Die derde engel blaas toe op sy trompet. Daarna val ’n groot ster van bo af. Dit het soos ’n fakkel gebrand.

11. Die ster, met die naam “Bitterheid”, val toe reg op ’n derde van die riviere en op die fonteine. ’n Derde van die water het so bitter soos gal geword. Baie mense is van die giftige water dood.

12. Die vierde engel blaas toe op sy trompet. ’n Derde van die son, maan en sterre word toe getref. Die gevolg was dat die sonlig ’n derde minder was en die maan ook ’n derde swakker geskyn het.

13. Ek kyk toe mooi. Bo in die lug sien ek ’n arend sweef. Die arend skree toe hard sodat almal kan hoor: “Verdoemend, ja, vernietigend, verskriklik! Die arme mense op aarde. Ek kry hulle jammer as die laaste drie engele op hulle trompette blaas.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8